Daar's geen betroubare manier om vas te stel of jou kind in die wieg gelê is om 'n mini-Mozart te word nie. Maar as jy ja antwoord op die meeste van die vrae hieronder, is hy dalk . . .
-
Het hy as baba heen en weer gewieg of sy kop saam geknik wanneer hy na musiek luister (of doen hy dit nog steeds)?
-
Trommel hy as ouer kind met sy vingers of voete of dans hy op die maat van musiek?
-
Hou hy daarvan om vir homself te sing?
-
Leer hy maklik liedjies en hou hy meestal die wysie?
-
Kan hy 'n toonhoogte baie akkuraat agter jou aanneurie of -sing?
-
As jy sing of iets bespeel en doelbewus 'n verkeerde noot invoeg, kom hy dit agter?
-
Kan hy liedjies aan hul wysies uitken, selfs sonder die woorde?
-
Geniet hy dit om te kyk hoe ander mense sing of musiek maak, byvoorbeeld op TV?
-
Val hy in of stel vrae oor die liedjie of die instrumente wat gebruik word?
-
Gee hy te kenne dat hy wil leer sing of 'n instrument wil bespeel?
(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)