Share

Geestesiektegeselsprogram terug op kykNET

Fobies, aandaggebreksindroom, outisme en die grensoorlog is ‘n paar van die onderwerpe wat in die tweede reeks van die gewilde kykNET-geselsprogram ’n Lewe met gedek sal word.

Die reeks skop af op 18 Oktober vanjaar met die eerste van 13 nuwe aflewerings wat handel oor die ware verhale van mense wat daagliks met verskillende geestesiektes saamleef.

Soos met die eerste reeks sal ‘n ateljeegas weekliks hulle persoonlike ervarings van ‘n spesifieke toestand met kykers en die ankervrou, Ruda Landman, deel. Landman sal bygestaan word deur dr. Franco Colin, wat elke toestand vanuit ‘n kliniese perspektief sal bespreek – ook wat die uitwerking daarvan op familie en vriende betref.

Die program se benadering is op Medihelp mediese skema se DVD-reeks genaamd Living with gebaseer. In dié reeks word daar onder andere na toestande soos bipolêre gemoedsversteuring, paniekversteuring en alkoholisme gekyk.

Skedule

'n Lewe met sal elke Dinsdagaand om 20:00 uitgesaai word, met heruitsendings op Woensdae (15:00), Donderdae (01:00) en Saterdae (22:30). Die kykNET-skedule is as volg:

 18 Oktober: Grensoorlog

25 Oktober: Outisme

1 November: Asperger se sindroom

4 November: Aandaggebreksindroom

15 November: Fobies

22 November: Bipolêre gemoedsversteuring II

29 November: Medisyneverslawing

6 Desember: Seksuele molestering

13 Desember: Daggamisbruik

20 Desember: Post-partum depressie

27 Desember: Bulimie

3 Januarie: Anoreksie

10 Januarie: Wapengeweld

’n Lewe met en Medihelp se TV reeks is vervaardig in samewerking met Katinka Heyns van Sonneblomfilms. Besoek www.medihelp.co.za of www.medihelplivingwith.co.za vir meer inligting oor die reeks of om ’n Living with DVD te bestel. (Oktober 2011)

 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE