Share

Gebed help om woede te beheer

Navorsers berig dat om vir ander persone te bid, mense mag help om hulle negatiewe emosies te beheer, ná hulle deur 'n vreemdeling beledig is.

'n Reeks studies het bevind dat nadat mense opsetlik kwaad gemaak is, die versoek dat hulle vir iemand bid wat ekstra hulp of ondersteuning nodig het (bv. 'n kankerpasiënt), gehelp het om hulle te kalmeer.

Die navorsers het ook voorgestel dat dié metode gewerk het, selfs by mense wat nie juis godsdienstig of gereelde kerkgangers was nie. Hulle godsdienstige affiliasie het ook geen verskil gemaak aan hul vermoë om ander mense te kalmeer nie, alhoewel byna al die deelnemers hulself as Christene geïdentifiseer het, volgens die verslag wat in die joernaal Personality and Social Psychology Bulletin gepubliseer is.

"Mense gebruik dikwels gebed wanneer hulle negatiewe emosies, insluitende woede, ervaar," sê mede-outeur van die studie, Brad Bushman, 'n professor van kommunikasie en sielkunde aan die Ohio State University. "Ons het gevind dat gebed mense werklik kan help om hulle woede te hanteer, wat waarskynlik daartoe bydra om hulle siening van die gebeurtenisse wat hulle kwaad maak, te verander, wat hulle dan help om die saak minder persoonlik op te neem."


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE