Share

Eerlike, beskeie werkers kry beter assesserings

Hoe meer eerlikheid en beskeidenheid werkers aan die dag lê, hoe positiewer kan hulle werkprestasie deur hul opsiener geassesseer word.

Dit is bevind deur 'n nuwe studie deur die Baylor Universiteit, dat eerlikheid-beskeidenheid persoonlikheidseienskap 'n unieke voorspeller van werkprestasie is.

"Navorsers weet reeds dat integriteit werkprestasie kan voorspel en wat ons wil sê, is dat nederigheid en eerlikheid 'n belangrike deel hiervan uitmaak," sê Dr. Wade Rowatt, medeprofessor van sielkunde en neurowetenskap by Baylor, wat gehelp het om die studie te lei.

"Hierdie studie toon dat diegene wat die kombinasie van eerlikheid en beskeidenheid het, beter werkverrigting toon, maar dit het werkprestasie in 'n baie groter mate as enige van die ander vyf persoonlikheidseienskappe, soos aangenaamheid en pligsgetrouheid, voorspel."

Opsieners verkies beskeie werknemers

Die Baylor navorsers het met behulp van 'n besigheidskonsultant 269 werknemers van 25 verskillende maatskappye in 20 Amerikaanse state wat gesondheidsorg aan moeilike kliënte voorsien, waargeneem. Opsieners van die werknemers in die studie het die werkverrigting van elke werknemer volgens 35 verskillende werkvaardighede beoordeel en die soort kliënt waarmee die werknemer gewerk het, beskryf.

Hierdie assesserings is ingesluit om die top-bestuur in te lig oor die prestasie van werknemers, en sodat die Baylor navorsers kon ondersoek watter persoonlikheidsvariasies met werkprestasie-assesserings geassosieer word.

Die Baylor navorsers het gevind dat die werknemers wat meer eerlikheid en beskeidenheid getoon het, 'n heelwat beter assessering van hulle werkprestasie deur hulle opsieners ontvang het. Die navorsers het eerlikheid en beskeidenheid geassosieer met diegene wat hoë vlakke van regverdigheid, 'n gebrek aan gierigheid, opregtheid en beskeidenheid getoon het.

"Hierdie studie het implikasies vir die aanstel van personeel in terme van ons voorstel dat meer aandag gegee moet word aan eerlikheid en beskeidenheid by aansoekers en werknemers, veral dié in sorggewende posisies," sê Megan Johnson, 'n Baylor doktorale student wat die studie uitgevoer het.

"Eerlike en beskeie mense is moontlik ideaal vir posisies en organisasies wat spesiale aandag en sorg met betrekking tot produkte of kliënte verg. Narcissiste, egter, wat oor die algemeen onbeskeie, uitbuitend en selfsugtig is, sou beter wees in posisies wat self-promosie vereis."

Die studie wat tans aanlyn in die joernaal Personality and Individual Differences verskyn, is die eerste een wat eerlikheid en beskeidenheid aan beter werkverrigting koppel. - (EurekAlert, March 2011)

Lees verder:
8 baie gevaarlike werke
Gelukkige gedagtes hou jou gelukkig by die werk

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE