advertisement
11 October 2011

Die stigma van geestesafwykings

Gek, simpel, mal, waansinnig, 'n skroef los, van lotjie getik, nie al jou varkies in die hok nie... Die lys van negatiewe beskrywings vir mense met geestesafwykings is lank.

0

Gek, simpel, mal, waansinnig, 'n skroef los, van lotjie getik, nie al jou varkies in die hok nie... Die lys van negatiewe beskrywings vir mense met geestesafwykings is lank.

Diskriminering teen en stigmatisering en uitsluiting van geestesversteurdes gebeur dwarsoor die wêreld en het dwarsdeur die menslike geskiedenis voorgekom. In antieke Griekeland is geestesversteurdes nie in die openbaar geduld nie en hulle families is beboet as hulle hulle nie kon beheer nie. In die Middeleeue is baie geestelik versteurde mense as hekse gebrandmerk omdat daar geglo is dat hulle deur demone besete is, en hulle is met barbaarse metodes "behandel", soos uithongering en swaar lyfstraf. In Suid-Afrika is die gevangeniskolonie op Robben Eiland in 1846 in 'n hospitaal vir "melaatses, waansinniges en ander chroniese siek pasiënte" omskep.

Die woord "stigma" is afkomstig van die Griekse woord vir "merk" – wat in die liggaam van 'n slaaf, verraaier of krimineel gesny of gebrand is om aan te dui dat daar iets ongewoon of negatief omtrent die morele status van die persoon was. Dié persoon was "gebrandmerk" en moes vermy word.

Tipes stigma

Studies het getoon dat geestesversteurdes deur baie mense as swak, self die oorsaak van hulle siekte of gevaarlik beskou word. Plaaslike studies het aangedui dat daar 'n persepsie is dat geestesversteurdheid veroorsaak word deur 'n gebrek aan wilskrag of geloof, en dat geestesversteurdes vuil en onvoorspelbaar is.

Volgens Dr. Ulla Botha, 'n psigiater by Stikland Hospitaal, manifesteer stigmatisering in verskillende vorms, insluitende die noem van slegte name, fisiese teistering, 'n neerbuigende houding, verbale teistering, die weerhouding van gelyke geleenthede en tergery. Die slagoffers van stigmatisering mag dit moeilik vind om werk of 'n woonplek te bekom, lewensversekering te kry en om verhoudings te smee. Hulle mag ook 'n lae selfbeeld hê en hopeloos, waardeloos en beskaamd voel. 

Mense wat met geestesversteurdheid saamleef, kan hulle ook skuldig maak aan stereotipering, vooroordeel en diskriminasie – en hulself daardeur stigmatiseer. Dit staan bekend as self-stigmatisering. As gevolg van self-stigmatisering soek baie mense nie hulp nie, of hou nie vol met behandeling nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie erken stigma as die hoofstruikelblok in die pad van die effektiewe behandeling van geestesversteurdes.

Botha sê dat baie  mense nie openlik oor hulle siektes is nie omdat hulle bang is dat hulle anders behandel sal word en dat mense op hulle sal neersien.  

"Daar is ook die opvatting dat mense byvoorbeeld aan depressie ly omdat  hulle iets gedoen het om dit te verdien of omdat hulle geloof nie sterk genoeg is nie. Dit is skokkend hoe min mense besef dat siektes soos depressie, skisofrenie of bipolêre afwyking deur chemiese wanbalanse in die brein veroorsaak word en dat jy jouself nie net kan regruk nie. Die wanbalans kan net deur middel van medikasie reggestel word wat in party gevalle vir lang periodes daagliks geneem moet word."

Botha, wat 'n tesis oor die manifestering van stigma by skisofrenie-pasiënte geskryf het, sê dat diskriminering die ergste is teen mense met psigotiese siektes soos skisofrenie.

Party soorte medikasie is ook meer aanvaarbaar as ander. Antidepressante is reeds meer aanvaarbaar, maar antipsigotiese medikasie en middels soos litium word nog met wantroue bejeën.   

"Mense besef nie dat dit nie altyd maklik is om elke dag medikasie te neem nie, veral nie as dit lastige newe-effekte het nie. Pasiënte voel dikwels dat hulle dit vir ander mense moet wegsteek. In plaas daarvan om mense aan te moedig om hulle medikasie te neem en hulle daaraan te herinner hoe belangrik dit is om vol te hou met hulle behandeling, vind ons partykeer dat swak ingeligte mense pasiënte oortuig om op te hou om hulle medikasie te neem.  

"Die tragedie is dat as jy reeds ’n paar keer opgehou het om jou medikasie te neem, die medikasie se vermoë om jou siekte te stabiliseer swakker en swakker raak. Hoe meer terugslae jy beleef, hoe groter die kans dat jy weer siek sal word en dat jy langer siek sal bly."

Die bevegting van stigma

Deskundiges glo dat stigma 'n soort vooroordeel is en veroorsaak word deur vrees, apatie en onkunde. Ons is bang vir wat ons nie verstaan nie. Stigma verminder hierdie vrees deur die valse geloof dat geestesversteurdheid net met "ander" mense gebeur, wat van die res van die gemeenskap geskei moet word.

Daar word geglo dat kennis stigma verminder en dat die vrees vir geestelike afwykings deur empatie en begrip verminder word.

Charmaine Hugo, voormalige direkteur van die Geestesgesondheid Inligtingsentrum wat uitgebreide navorsing oor stigma en geestelike siektes gedoen het, sê dat daar drie benaderings voorgestel word om stigma teë te werk, naamlik protes, opvoeding en kontak:

  • Protes behels die uitdaag van die media as daar onakkurate beriggewing oor geestesafwykings is wat stigma aanmoedig. 
  • Opvoeding behels die voorsiening van akkurate inligting oor geestesafwykings.
  • Kontak met mense met sielkundige toestande wat verantwoordelike en produktiewe lewens lei, kan help om negatiewe stereotipes te verminder. 

Uitgelewer aand die lewe

Daar was al verskeie wêreldwye veldtogte om die stigma teen geestesversteurdes te beveg. Plaaslik voorsien die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Psigiaters (SAVP) die media met akkurate feite oor geestesafwykings, ondersoek strukturele ongelykhede en onderhandel met mediese hulpskemas. Suid-Afrikaanse psigiatriese belangegroepe was reeds by ’n aantal inisiatiewe teen stigmatisering betrokke.

"Selfs al is daar baie dinge wat oor die jare verander het, het Suid-Afrika nog 'n lang pad om te loop om psigiatriese toestande te de-stigmatiseer en te verseker dat mense optimaal behandel word," sê Botha. 

"Die publiek behoort daarvan bewus te raak dat geestesversteuring 'n siekte is, net soos enige ander siekte, dat dit behandel kan word, en niks is om oor skaam te wees nie. Ons is almal uitgelewe aan die lewe en ons skuld mekaar empatie."

(Ilse Pauw, Health24, hersien Oktober 2011)

Vra ons deskundige gaste

Ons het tot 12 Oktober drie deskundige gaste wat vrae oor angstigheid beantwoord.

Verwysings:
Botha, U, Koen, L, Niehaus, D. Perceptions of a South African schizophrenia population with regards to community attitudes towards their illness. Social Psychiatry Epidemiology. 2006 41:619-623

Hugo CJ, Metelo-Liquito J, Stein DJ. A critical look at stigma and its impact in psychiatry. 12 th National Psychiatry Congress of the South African Society of Psychiatrists, Somerset West, Sept, 2002.

Hugo, CJ (2003). Mental health literacy and attitudes of human resource practitioners in South Africa. Unpublished Master's thesis, University of Stellenbosch.

Hugo, C, Boschoff, D, Traut, A, Zungu-Dirwayi, N, Stein, D. Community attitudes toward and knowledge of mental illness in South Africa. Social Psychaitry Epidemiology. 2003 38: 715-719

Oosthuizen, P, Scholtz, O, Hugo, C, Richards, B, Emsley, R. Health care discrimination against the mentally ill - a comparison of private health insurance benefits for major depressive disorder and ischaemic heart disease in South Africa. SAMJ 2004, Vol. 94, No. 10

Royal College of Psychiatrists' Changing Minds anti-stigma campaign. Stigma pill box product information leaflet.

Lees verder:
Om te onthul of nie
My geheime lewe

 
NEXT ON HEALTH24X
advertisement

Read Health24’s Comments Policy

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Live healthier

Watch out! »

Gross fungal infections you can pick up at the gym

You go to gym to exercise. But make sure the only thing you pick up is a dumbbell and not one of these gross fungal infections.

Holiday health »

Your 10-step asthma holiday checklist

Don’t let asthma ruin your summer holiday. Whether you are travelling or embracing the summer at home, make sure you plan ahead.