Childhood Diseases

Question
Posted by: Amelia | 2011/07/05

Q.

Zyrtek en Singulair

Goeie dag en by voorbaat dankie vir die raad.
My dogtertjie is 3jaar en 3maande oud. Sy is allergies en ly aan asma. SY is nou al vir ''n jaar en ''n half op Singulair en Zyrtek en sederdien het ek nog nie weer gesukkel met haar gesondheid nie.
EK is net altyd bang om haar so lank op medikasie te hou(alhoewel dit haar gesond hou is ek bang vir langtermyn newe-effekte).
Sou u voorstel dat ek op ''n stadium haar van die medikasie afhaal om te kyk of sy nou sonder dit beter doen of sou u se ek moet haar steeds daar op hou.(ek wil net noem dat ek self baie allergies is en ook aan asma ly(sukkel ook met neus poliepe))
Weereens baie dankie en lekker dag

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Baie dankie.Jou dogterjie is al vir 'n jaar en 'n half op hierdie medisyne en het baie goed gevorder. Sy het geen asma aanvalle of enige ander simptome van asma nie. Die Singulair pille is die medisyne wat haar asma behandel, die zyrtec is bedoel om haar neus allergie te behandel. Daar is geen rede om haar op die Zyrtec te hou indien sy geen neus simprome het soos miskien nies of jeuk. Dit sal beter wees om eers tot na die lente te wag voordat jy probeer om die Singulair te stop.Sy behoort daarna aan te hou om goed te vorder, maar indien sy weer in die nag begin hoes of met oefening hoes, moet sy aanhou om die Singulair te neem.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.