Childhood Diseases

Question
Posted by: Amelia | 2011-09-23

Q.

Zyrtek Deselex en Tellfast

Goeie dag Dokter en byvoorbaat dankie vir die hulp.
EK weet u is ''n pediater maar ek sal graag net u mening hoog op prys stel i.v.m die verskil tussen die drie.
Ek wil net graag weet wat die verskil is tussen die drie anthistamines nl. Zyrtek, Deselex en Tellfast is.
Ek sukkel met asma en allergiee veral met die seisoensveranderinge.
My dr het al vorige kere vir my Zyrtek voorgeskryf en ook al Deselex genoem. Gister het hy vir my Tellfast voorgeskryf.
Stel u voor ek drink dit chronies(watter een sal u voorstel).
My dogter van 3 is chronies op Zyrtek en dit help nogal baie vir haar.
Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jy is baie welkom.In die verlede het antihistamien middels mense erg lomerig gemaak. Hierdie drie middels is almal deel van die nuwe soort antihistamiene wat hierdie probleem nie veroorsaak nie, die tweede geslag antihistamiene. Hulle is al drie baie effektief maar Zyrtec is in my opinie die sterkste.'n Generiese vorm van Zytec met die naam 'Allecet' is beskikbaar wat goedkoper is en veilig is vir kroniese gebruik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.