Childhood Diseases

Question
Posted by: Lida | 2010/10/15

Q.

Zoloft en borsvoed

Ek is op Zoloft al vir die afgelope 8 maande.Het dit deur my hele swangerskap gedrink - en my baba het geen probleme gehad met geboorte nie.Na haar geboorte(Maandag) het ek oorweeg om die Zoloft te los want ek borsvoed haar.Het egter met die verskeie dokters gepraat en het besluit om nie van dit af te gaan nie - het nog te veel emosionele probleme.Ek is op 50mg ''n dag.Ons het besluit dat ek vir 6 weke gaan borsvoed en dan sal ons weer verdere besluite neem rakende dit.Ek wil weet wat dit aan my kind sal kan doen - ek lees op die pamflet dat dit kan lei tot ontrekking - kan dit ernstig wees?My ginekoloog het aangedui dat sy dalk bietjie refleks probleme kan he, maar dit is volgens haar nie te ernstig nie want dit kan met arbeidsterapie reg gemaak word.Wat stel u voor doen ek, ek wil nie my kind benadeel nie, sy is my grootste prioriteit.Ek het die Zoloft vir 2 dae gelos na die bevalling en toe is daar klaar weer al die emosies waarmee ek moes cope, wat ek nie kon doen nie.Raad asb! ek worry my dood oor my kind

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jy kan nie aanhou om beide Zoloft te neem en ook om te borsvoed nie. Die Zoloft sal beslis deurkom in jou borsmelk en dit sal onaanvaarbare newe effekte in jou baba veroosaak. Die beste en veiligste sal wees om haar op 'n formule te sit want jy het nog beslis die Zoloft nodig.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.