Childhood Diseases

Question
Posted by: Theuns Hanekom | 2011/03/09

Q.

Yster aanvullings

Hi,

Ons baba was prem gebore op 28weke en 3 dae. Sy was 60dae in NICU en het daar begin om Ferro drops te kry. Ons het aangegaan by die huis tot so 3 weke gelede. Sy is nou 4 maande en 3 weke oud. Sy het erge krampe gekry en ons is Dr toe. Hy het gesê  sy het silent reflux en Losec voorgeskryf, Gaviscon en ook voorgestel om Novalac AR formule melk te gebruik. Hy het ook gesê  dat ons die yster druppels vir 2 weke moet los. Laas week was ons weer daar en hy het Chela-Fer stroop voorgeskryf. Moet eers sê  dat haar krampe en gehuil baie verbeter het in die 2 weke van ons die Losec en nuwe melk gebruik. Saterdag het ek 1.5ml van die yster stroop gegee en die middag het sy vir 3 ure gehuil van wat gelyk het soos maagkrampe. Ons het die dosis na .5ml verminder, maar gister was dit weer dieselfde toe sy by die dagmoeder was.
Is daar enige ander manier om vir haar yster te gee wat nie haar magie sal seer maak of hardlywig maak nie? Tot wanneer moet prem baba''s gewoonlik yster aanvullings kry?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is 'n baie goeie vraag wat ook baie goed gestel is. Prem babas veral 'n prem baba van 28 weke het beslis yster aanvullings nodig. Yster aanvullings word gewoonlik per mond gegee. Ongewenste newe effekte veral maagpyn,maagkrampe en hardlywigheid kan in babas gebeur met yster aanvullings.Dit is seker nou die geval is met die yster druppels wat vir jou baba dogtertjie voorgekryf is.Daar word gewoonlik aangewys om aan te hou met die yster aanvulling tot baba 'n gemengde dieet insl vaste voedel begin eet.Dit is waarskynlik nie 'n goeie idee om nog aan te hou met hierdie yster aanvulling vir jou babatjie as gevolg van die newe effekte. Die pediater sal haar bloed moet toets en besluit of sy 'n ander ystervulling nodig het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Theuns Hanekom | 2011/03/12

Baie dankie. Ons het gister haar bloed laat toets en gelukkig is alles normaal en het sy nie meer ysteraanvulling nodig nie.

Reply to Theuns Hanekom

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.