Childhood Diseases

Question
Posted by: Suzy | 2009/01/23

Q.

WOEDE-UITBARSTINGS - CONCERTA

My seun is 10 en ADD. Wanneer hy Concerta gebruik, kry hy van tyd tot tyd woede-uitbarstings, maar blykbaar slegs by die huis en nie by die skool nie. Sonder die medikasie raak hy ook kwaad, maar nie so aggressief nie. Die kinderpsigiater se ek moet net aanhou om die medikasie te gebruik en die uitbarstings sal minder raak. ' n Neuroloog het voorgestel dat ek 36 mg in die week toedien en 18mg oor naweke en kyk hoe dit gaan. Tydens die vakansie het hy geen medikasie gebruik nie en ek is nou angstig om hom weer medikasie te gee. Sy skoolwerk en selfbeeld ly daaronder as hy nie medikasie gebruik nie, maar hy se hy haat dit as die medikasie hom so kwaad laat word. Hy was voorheen op Strattera, maar dit het sy hartklop geaffekteer.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Woede uitbarstings is een van die newe effekte van Concerta. Concerta het 'n lang tydperk van aksie. Ek sal aanraai dat jou seun Ritalin kort aksie pille net vir die skooldae van die week moet neem en geen behandeling oor naweke en skoolvakansies nie. Gesels weer met sy pediatriese neuroloog.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.