Childhood Diseases

Question
Posted by: Tasja | 2009/08/28

Q.

Weet nie watter besluit nie?

My seuntjie is 4,en sedert hy n baba was,het hy uitermate groot geskrik vir sekere geluide en klanke..Motorfietse,trokke,vliegtuie,lugballonne.Handbore,elektriese klitsers.Hy hanteer dit al effe beter,nie meer so paniekbevange nie.Maar die vrees kortwiek sekere vaardighede en dinge wat gedoen moet word waar hy betrokke is.Soos dat hy angstig is om in n lughawe gebou in te gaan,kalmeer na sowat 15 minute.As iemand boor in ons huis,dan wil hy nie naby kom nie.
Nou ek het aan n sielkundige in ons dorp die situasie verduidelik en sy vermoed hy is sensories/audiologies sensitief.Ekt opgelees hieroor,en ek dink dis meer audiologies,want hyt nie probleme met sensoriese sensasies soos aanraking,klere ens nie.Syt voorgestel sy evalueer hom en dan moet hy moontlik na n arbeidsterapeut gaan,wat hom kan help om sy vrese beter te hanteer.Maar sy wil eers vir my 2 keer alleen sien voor en na die tyd.Tussenin wil sy hom 2 keer sien vir 3 ure sessies.My seun is nie in n kleuterskool nie,ek gaan hom Januarie 2010 saam met sy kleiner sussue stuur.Hy sal nie vir eens n halfuur alleen by haar bly nie,hyt haar nog nie eens voorheen gesien nie.
Is dit regtig nodig vir n sielkundige evaluasie of kan ek net met n arbeidsterapeut gesels en moontlik kan sy alleen hom help??Eks in 2 geskeur want ek weet nie wat die beste sal wees vir my seun nie?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou seuntjie se probleem die van 'hiperakoesie' is (Engels:Hyperacusis).Hierdie is 'n abnormale akute gehoor of pynlike sensitiwiteit vir klanke. Dikwels is geen rede gevind vir hierdie probleem nie, maar in sekere gevalle gaan hiperakoesie gepaard met outisme of Asperger's sindroom.Daarom is dit nodig om in die eerste plek die sielkundige raad te pleeg en daarna,indien daar geen rede vir enige kommer gevind word nie,kan hy deur die arbeidsterapeut behandel word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.