Childhood Diseases

Question
Posted by: Em | 2008/11/05

Q.

Waterpokkies?

Goeiedag,

Het verlede week ook ' n vraag gehad oor Waterpokkies - ons loop goed deur...
My oudste (9) het dit vir ons van die skool af huistoe gebring, hy is nou gesond en is terug skool toe.
Nou het sy sussie (5) en boetie (22 maande) dit ook. Hulle het gistermiddag begin uitslaan. Wat my bekommer is dat my dogtertjie regtig sleg voel. Sy bly koorsig en kla vanoogend oor keelseer - sy' t nog mangels - moet ek haar liewer dr. toe neem?
Ek is vreeslik bang vir komplikasies.
Kleinboet lyk weer nie veel gepla nie, sover is sy uitslag ook baie minder as sy sussie s' n.

Groete, uit Waterpokkieland!

NS: My man (31) het dit ook nog nie gehad nie, is daar enige iets wat ons kan vehoed dat hy dit kry op hierdie stadium?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

In sekere gevalle kan waterpokkies kinders baie siek laat voel. Dit is wat met jou dogter gebeur.Gee haar Panado gereeld en sorg dat sy gereeeld water drink. Dit is gewoonlik nie nodig om dokter toe te gaan nie.
Daar is behandeling wat waterpokkies kan verhoed. Jou man moet sy dokter raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.