Childhood Diseases

Question
Posted by: Carla | 2010-10-11

Q.

Wanneer na doktor?

My seuntjie is nou 11 maande. Hy het ''n maand terug grommets gekry. Hy was nou mooi gesond vir ''n maand, maar het Donderdag met ''n loopneus en hoes begin. Ek sien sy neusie se mucus is " groenerig"  en nie meer net helder nie. Hy hoes vreeslik baie as hy slaap. Ek gee al van Donderdag af ''n halwe ACC tablet soggens en saans. Ek gee bietjie Celestamine in die aand, probeeer sy neus oop hou met Sterimar en Illiadin, gee vir hom hoesgoed en ek stoom hom saans. Waneer moet ek hom doktor toe vat? Hy het geen koors nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is geen rede om vir jou seuntjie dokter toe te neem op die stadium. Dit is belangrik om sy neusie mooi oop te hou. Die belangrikste behandeling is die soutwater neusspuit, die Sterimar. Jy kan ook die Iliadin druppels gebruik maar nie vir langer as 5 dae nie. Die ACC sal ook effens help om die sluim op te klaar. Daar is geen rede om die Celestamine te gebruik nie wat 'n baie sterk kortisoon is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.