Childhood Diseases

Question
Posted by: CAW | 2010/08/10

Q.

VRAAITJIE UITSLAG

Hello Dokter
Kan u asseblief raad gee. My dogter, 7 jaar oud het sowat 20+ knoppies wat baie soos vraaitjies lyk. Alhoewel die knoppies nie lyk of dit so diep is soos vraaitjies, pla dit haar wel, baie krapperig as sy klere aanhet.
Kan u dalk vir my help wat dit moontlik is en wat ons kan doen?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is moeilik om seker te wees van die diagnose van jou dogter se veluitslag aangesien ek haar uitslag nie kan ondersoek nie. Dit is moontlik dat sy 'n virus onsteking van haar vel het, veral een wat 'molluscum contagiosum' genoem word. Kyk op Google en sien of 'Molluscum contagiosum' moontlik die rede is vir haar uitslag.Indien nie is 'n ander moontlike diagnose die van 'help- my- krap' [scabies] Dit is nodig om 'n dermatoloog te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Anonymous | 2014/01/21

My dogtertjie van 5 jaar oud het presies dieselfde ek het oor eers gedink dat dit vraitjies is maar was by n kleniek en hul het gese dis n vel swam! Ons het goed gekry om opte smeer wat dit dood maak dan moet ons dit oop krap en daar in is iets wat soos n krystalietjie lyk. Ek het nie aan gehou om dit te doen nie maar was by n apteek en hulle het vir my n swam salf gegee. Die swam salf maak dit n seertjie en dan gaan dit weg soos jy aan hou dit aan sit! Dalk werk dit vir jou.

Reply to Anonymous

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.