Childhood Diseases

Question
Posted by: Anon | 2010-12-09

Q.

Voorhuid

More Dr

My 6mnde oue seuntjie het so 3weke gelede homself effens " beseer" , elke keer as ek hom bad of doekruil dan ruik hy uit na sy geslagsdele en speelsgewys trek hy dan baie hard daaraan, ons was eers nie te bekommerd nie totdat ek agter gekom het dat hy sy voorhuid los geskeur het lank voordat dit eintlik veronderstel is om self los te kom. Ek het vir hom Bactroban room aangesit met elke doekruil vir ''n paar dae en dit het sommer gou gesond geword. Die velletjie kan nou reg oor die koppie trek en lyk nie of dit hom pla nie, ek peuter nie sommer daar nie en bad hom net normaal weg.
My vraag is: Kan dit enige probleme vir hom veroorsaak in die toekoms en hoe moet ek sy geslagsdele skoon hou noudat die velletjie los is?

Baie dankie!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar bestaan geen rede vir enige komer nie. Sy velletjie is los en ek neem aan dat hy normaal kan pieppie. Hou aan om hom normaal weg te bad en sy penis met 'n sagte doek te was.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.