Childhood Diseases

Question
Posted by: Alice | 2012/01/11

Q.

Voltaren Emurgel

My baba (toe 13 maande oud) het een dag van die skool af gekom en na n middagslapie onkeerbaar gehuil. Uiteindelik klim ek en sy in die bad - toe sien ek haar gesiggie, skouers en nekkie is erg rooi gebrand in die son.
Ek het niks gehad daarvoor nie en stuur toe my man gou apteek toe vir iets soos aftersun.
Hy het besluit om die apteker te vra omdat sy nog so klein is. Die apteker gee toe vir hom voltaren emurgel???

Ek het dit nie gebruik nie. Op die voubiljet staan nie vir kinders so jonk nie en sonbrand is tog nie een van die funksies nie?

Gelukkig het ek onthou van annique se baby rescue cream en dit aangesmeer.

Wat is u opinie oor voltaren emurgel vir babas?
Dink u dit is van toepassing by sonbrand?


Expert's Reply

A.

Paediatrician

Voltaren Emugel word nie vir babas of jong kinders gebruik nie in is in elk geval nie die regte behandeling vir son brand nie.Dit word vir rumatiek en spierpyn voorgeskryf. Gelukkig het jy dit nie gebruik nie en ook baie gelukkig het jy die regte behandeling,een van die Annique produkte gebruik. Die Annique sonroom vir babas is ook baie goed.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.