Childhood Diseases

Question
Posted by: CD | 2010-02-26

Q.

Vloeistof inname

My baba seuntjie is nou 7 1/2 maande en weeg ongeveer 8,5 kg. Soggens eet hy Cerelac, middae groente/vrugte en saans weer Cerelac.

Wat vloeistof aan betref drink hy net borsmelk. Ek voed hom soggens voor ek werk toe gaan en weer saans as hy klaar geeet het en gaan slaap. Dan drink hy baie goed. Soms sal hy nog een maal deur die nag ook drink. My probleem is gedurende die dag sukkel hy om selfs 1 bottel borsmelk van 160ml te drink. Hy stel ook nog nie belang in water of swart rooibos tee nie.

Alhoewel hy tevrede lyk is ek bekommerd dat hy te min vloeistof inkry.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba seuntjie se gewig is effens bo die gemiddeld vir sy ouderdom en dit alleen is bewys dat daar min rede vir kommer is nie.Hy behoort 8.5x120ml=1020ml vloeistof elke dag te drink. Ek stem saam dat dit onwaarskynlik is dat hy genoeg melk drink nie maar tog tel hy goed gewig op.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.