Childhood Diseases

Question
Posted by: michelle | 2008/08/20

Q.

Vit A druppels vir nagblindheid?

Hallo dokter,

By ons dogtertjie (sy is nou 18maande) se kleuterskool het hulle blaadjies uitgedeel dat die kliniek binnekort al die kinders tussen 6maande en 5 jaar gaan kom druppels gee om nagblindheid te voorkom. Blykbaar is dit Vit. A druppels.

Ek is nogal skepties hieroor en kan nie besluit of ons moet toestemming gee daarvoor of nie. Ek hoor dit is ' n BAIE hoe dosis Vit A wat hulle die kleintjies gee. Is groot hoeveelhede Vit A nie skadelik vir ' n mens nie?

Is dit ' n standaard " immunisasie"  wat elke jaar toegedien word? Dit is die eerste keer wat ek van so iets hoor en voel nogal onseker daaroor.

Kan dokter asseblief verduidelik hoe die druppels werk, die dosis en ' n aanbeveling maak of ons moet voortgaan daarmee of nie?

Dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Vitamiene A is belangrik vir die normale ontwikkeling van die oog en veral vir die voorkoming van nagblindheid. Daar is onlangs besluit om alle jong kinders 'n enkele dosis van hierdie vitamine toe te dien.Jy is reg dat die dosis hoog is, maar 'n enkele dosis behoort heeltemal veilig te wees.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.