Childhood Diseases

Question
Posted by: Anja | 2008/07/15

Q.

verniel goed

My seuntjie is nou 9jaar oud. As ek sien dan het hy gate in sy HiFi se speakers gemaak of sy playstation sy koord afgekou of nou die dag het hy sy duur skylectric se karretjie gebreek. Hy het al baie raas gekry oor hy nie sy goed oppas nie, maar tevergeefs. Dit gebeur net as hy alleen in sy kamer is, en dryf mens by die mure uit. Ek en sy Pa het al met hom mooi gepraat, verduidelik hoekom mens jou goed mooi moet oppas, en dan loop die trane en beloftes is hoog, maar net tot die volgende keer. Dis regtig nie asof hy nie aandag kry nie, ons speel baie saam en gaan saam dinge doen waarvan hy hou. Hoekom doen hy dit?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie soort gedrag wat in Engels 'Destructive behaviour' genoem word, is 'n groot probleem wat vir 'n kort tydperk of lewenslank kan aanhou. Dit is nodig om die probleem vroeg te behandel. Gewoonlik is die kind se probleem die van 'n 'low self-esteem' . Julle het tot dusver al die regte dinge gedoen sonder enige sukses. Dit is dus nodig om 'n kinder sielkundige te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.