Childhood Diseases

Question
Posted by: Alice | 2011-12-12

Q.

ver reis met 17 mnde baba

Goeiedag,

My dogtertjie is nou 17 maande oud. Ons gaan die vakansie ver ry - meer as 1000km (en dan weer terug)

Enige raad hoe om haar gemaklik en ontspanne te hou in haar stoeltjie?

En vir die mamma''s - watter vermaak werk vir jul kinders op die lang pad?
Sy stel nie belang in videos of TV-kyk nie, so n DVD gaan nie werk nie. Buitendien dink ek dis sleg vir haar ogies.

Help asb!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek is seker dat jy baie goeie raad sal kry van ons ouers wat gereeld deelneem in ons forum.Wat baie belangrik is is dat julle redelik dikwels stilhou,minstens na elke twee uur van reis en jou dogtertjie'n kans gee om uit die motor te klim.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Racoon | 2011-12-12

Eerste beste raad is om vroeg te ry terwyl sy nog slaap (so 04h00) en dan gereeld te stop - tenminste elke 2 ure. Dan kan jy langs haar sit en boekie lees, en allerhande nuwe speelgoed (sommer sleutels, en ander dinge wat sy nog nie ken nie) uitdeel. O, en eetgoed - vingersnacks. Sit en met haar handjies speel en liedjies sing ens.

BAIE sterkte daarmee.

Reply to Racoon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.