Childhood Diseases

Question
Posted by: Jana | 2013/01/21

Q.

Vel uitslag

Prof ek het gistermiddag gesien my 19 maande oue dogtertjie het n vreeslike uitslag op haar ruggie, nek en baie min op haar 1 armpie. Die uitslag voel soos n kors en lyk soos rooi puisies. Dis op haar wange ook maar min daar. Die wangetjies se uitslag laat my dink aan n tande-uitslag. Dit lyk nie asof dit juk nie maar ek weet nie of sy al oud genoeg is om te besef sy moet krap waar dit juk nie? Geen koors, eetlus Vry en Sat was baie goed, gister was sy bietjie issegrimmig en wou nie veel eet maar haar bottels goed gedrink. Kan dit masels wees? Sy het al haar inspuitings tot op datum gekry. Of kan dit net n hitte uitslag wees? Moet ek iets aansmeer of Allecet gee? Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is altyd moeilik om seker te wees oor enige veluitslag sonder om jou dogtertjie te kan sien. Ek vermoed dat haar veluitslag 'n tipiese hitte uitslag is wat gewoonlik 'prickly heat' genoem word. Dit is nodig om haar koel te hou,sy moet net katoen klere en onderklere dra. Dit is veral nodig dat haar slaapkamer nie te warm is nie. Dit is gewoonlik nie nodig om enige salwe te gebruik nie en haar uitslag behoort redelik gou weer op te klaar.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.