Childhood Diseases

Question
Posted by: MPC | 2010/11/30

Q.

Urgent: Pleas doc

Goeiemiddag dokter, ek glo dat dit goed gaan?

Dokter het voorgestel dat ek my 23 maande seuntjie ONK spesialis toe vat, nadat hy 7 keer mangelontsteking gehad het in een jaar. Was vanmiddag daar en hy opereer more oggend, haal die adenoids en die mangsels uit. Dit was so vinnig op my het nie gedink hy gaan so gou opereer nie.

Is my seuntjie nie te jonk nie almal sê  vir my hy moet eintlik eers 3 wees, doen ek die regte ding om hom nou al te vat vir die operasie?

Ek is nogal bangerig maar dit is seker te verstane? Sal dokter my asb gerusstel. Dit is Dr Ogonowski van Emmarentia wat hom gaan opereer.

Groete, en weereens dankie vir dokter se hulp

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar bestaan geen twyfel dat dit nodig is dat jou seuntjie se mangels uitgehaal moet word.Hierdie operasie word gewoonlik in kkinders van twee jaar of ouer gedoen, maar wanneer die mangel onsteking probleem baie erg is kan dit soms nodig wees om die operasie vroeer te doen soos is die geval met jou seuntjie. Ek hoop dat hy gou sal herstel en van nou af goeie gesondheid sal geniet.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.