Childhood Diseases

Question
Posted by: Nadia | 2010-05-06

Q.

Uitmelk van borsmelk

Hallo Dok

Ek is baie bekommerd. Ek gaan oor 2 weke terug werk toe. My babatjie is 4 maande oud en het nog nooit ''n bottel gehad nie, net borsmelk. Ek het nou begin uitmelk vir die voedings wat ek nie by hom kan wees nie, maar is vreeslik bekommerd, want ek sukkel vreeslik om uit te melk. Sit soms vir 20min en kry dan skaars 20ml uitgemelk. Ek is seker dat ek melk het, want my kleintjie drink elke 3-4 ure en tel baie goed gewig op?

Help asb.

Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Die beste en ook die maklikste oplossing is om net een bottel formule melk vir jou baba te gee terwyl jy by die werk is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
user comments

C.

Posted by: Anonymous | 2015-10-31

Wanneer ek my melk uitgepomp het is daar dan sommer weer derek na dit melk v nog n voeding vir baba

Reply to Anonymous
Posted by: leeann | 2014-07-07

Hi my baba maak hierdie maand een ekt haar nog nooit bottel gegee ni. Ekt my n medela pomp gekoop die een wat trek net om te te kyk of sy die bottel gaan drink sy soek nog net die bors plus eks op microval ook. Wat kan ek doen dst sy kan bottel drink

Reply to leeann
Posted by: Nadia | 2010-05-07

Hi Racoon, baie baie dankie vir die raad, ek waardeer opreg!!!

Reply to Nadia
Posted by: Racoon | 2010-05-07

Hi Nadia

Ek vermoed jy''s te senuweeagtig wanneer jy probeer uitpomp. Watter pomp gebruik jy? Meeste ma''s beveel die Medela-pompe aan. Jy sal ''n elektriese pomp nodig he as jy gereeld gaan uitpomp. As jy uitpomp wanneer jou baba nie by is nie, moet jy miskien ''n foto van hom by jou hou - dit sal help om ''n goeie let-down te kry. Maar die belangrikste is dat jy moet ontspan! dit behoort jou so 20-30 minute te neem om een ete se melk uit te pomp. Dit behoort so 100 ml te wees. Moenie moed opgee nie!!! Dis definitief die moeite werd! As jy sukkel wanneer jy terug by die werk is (baie ma''s se melk raak na 2 weke terug by die werk minder), dan kan jy jou dokter vra vir Eglonyl. Ek het dit met altwee my seuns gedoen, en is nou swanger met nr 3. Gaan dit verseker weer doen. Sterkte daar!

Reply to Racoon

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.