Childhood Diseases

Question
Posted by: Nuwe ma | 2009/02/23

Q.

Tropika sap

Dokter,

Ek wil net uitvind of dit baie sleg is vir ' n 7maande oue baba om Tropika te drink?

My skoonma sê  sy het al haar kinders op dit grootgemaak want daar is tog melk in???

My dogtertjie wil nie haar melk (Isomil 2) baie goed drink nie. Wat kan ek ook doen om dit lekkerder te maak? Dalk bruinsuiker of vanilla essence ingooi? Solank dit net nie hardlywigheid veroorsaak nie want sy drink reeds elke dag Duphalac vir haar hardlywigheid wat die Isomil veroorsaak.
Ek het ook reeds ander melke (Nan 1, nan ha, nan lf, similac alimentum) probeer, maar niks werk vir haar nie.

Baie dankie dokter

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek neem aan dat jou baba allergies is vir melk aangesien sy Isomil drink. Ongelukkig veroorsaak hierdie formule erge hardlywigheid, so erg dat sy op 7 maande Duphulac moet drink. Dit is miskien die moeite werd om bokmelk te probeer maar dit is moeilik om dit deesdae in die hande te kry. Sy moet asb nie Tropika sap drink nie aangesien dit melk bevat en dit is moontlik dat dit 'n preserveer middel ook bevat.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.