Childhood Diseases

Question
Posted by: lynne | 2011/01/06

Q.

Tofranil

Goeiedag Dokter,

Ek het reeds ''n paar maal aan u geskryf ivm my seun (amper 6) se tofranil behandeling.

Hy is nou reeds 2 1/2 maande op tofranil en hoewel ek ''n verbetering kon sien in die eerste 2 maande, is hy die afgelope paar oggende nat alweer... Ek skryf dit deels toe aan die kersfees/vakansie ens - ons was oorsee so die omgewing was vir hom vreemd en nou is ons weer terug so dan kan dit dalk weer verbeter (dalk is ek verkeerd?!).

Moet ek steeds aanhou met die tofranil? Kan mens nie die dosis dalk verhoog nie? Is daar dalk ''n ander medikasie wat meer effektief sal werk?

Jammer vir al die vrae en soos altyd baie dankie!!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Tofranil is 'n goeie behandeling vir enurese maar ek sal nie aanraai dat die dosis verhoog moet word nie as gevolg van moontlike newe effekte.Daar is beslis ander medikasie wat gebruik kan word om jou seun se enurese probleem op te los. Die beste sal wees om weer sy pediater te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.