Childhood Diseases

Question
Posted by: Gina | 2010/10/19

Q.

Tofranil

Goeiedag Dokter,

My seuntjie word januarie 6 en is nou al vir ''n week op Tofranil. Ons het alles met hom probeer om in die aand te gaan pieps, maar niks het gewerk nie, dit is hoekom hy nou op die medikasie is.

Ons het nog geen verbetering gesien nie, inteendeel dit is asof sy doek selfs natter soggens is sedert hy op die pille is. Die pediater het gese dit neem so 2 weke voordat ons ''n verskil sal sien.

My vraag is - is daar moontlik enigeiets wat ons addisioneel kan doen/gebruik saam met die medikasie? En as dit onsuksesvol is wat staan ons dan te doen?

Baie dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Tofranil is net een van die middels wat vir enurese gebruik word. Dit is waar dat dit gewoonlik omtrent een week neem voordat hierdie medisyne begin werk. Indien daar geen verbetering na 2 weke is nie sal die pediater 'n ander middel voorskryf bv Desmopressin.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.