Childhood Diseases

Question
Posted by: Nadia | 2012-07-28

Q.

Toe neusie

More Dok

My seuntjie sukkel al van geboorte af met ''n baie toe neusie. Ek het geborsvoed tot op 3 maande. Ek het onlangs oorgegaan op Novalac melk. Sy neusie was gisteraand so toe dat hy GLAD nie geslaap het nie. Ek kon hoor hy is baie ongemaklik. Ek het sterimar gespuit en die baby vac gebruik maar daar was nie baie om uit te suig nie. Dit klink meer soos " kongestie" . Dis nou 4:30am en ek is al so moeg gesukkel ek het nou vir hom Vibrocil druppels een in elke neusgat gegooi. Hy was 2 weke terug opgeneem vir RS virus en ek het die druppels gekry van die hospitaal om nog vir 5 dae aan te hou by die huis. Hoe veilig is dit en kan ek dit weer vir hom spuit vir so 5 dae? Kan hy allergies wees vir die novalac ar melk? Hy is nou ''n week op die novalac melk. Soos ek vroeer gese het sy neusie is al toe vanaf geboorte maar ek het nog nooit so erg gesukkel soos vannaand nie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is moeilik om seker te kan wees oor die rede dat jou baba se neus so erg toe is. Aangesien sy neus toe is vanaf sy geboorte is dit onwaarskynlik dat die rede kan wees dat hy allergies is.Ek vermoed dat jou baba 'n probleem het met vergrote adenoiede. Dit kan ook die rede wees dat dit so 'n gesukkel is om sy neusie oop te maak met verskillende medisyne. Die beste sal wees om 'n ONK spesialis te raadpleeg.Gebruik intussen net 'n soutwater spuit bv Sterimar Baby neusspuit soggens en saans.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.