Childhood Diseases

Question
Posted by: Joyce | 2010/12/14

Q.

Toe Neus, Hoes, Ogie traan

Ons het 6 maande terug van Plettenbergbaai na Oudtshoorn getrek en sedertdien bly my 4 jarige dogtertjie siek met loop neus,''n toe neus, haar ogies traan partykeer en sy hoes. Partykeer is die hoes droog en aanhoudend en ander kere kan jy hoor dit is ''n slym hoesie. Ek het haar al by kliniek gehad wat asmapompies gegee het, antibiotika, allergex stroop. Apteke het ook al goed gegee en dit help wel net tot sy beter is en die behandeling gestaak word dan begin dit weer. Hoe kan ek haar help? Is daar iets natuurliks wat sy kan gebruik wat mens aanhoudend kan gee? Die aptekers hier rond se dat Oudtshoorn ''n baie hoe allergie omgewing is. Kan u asb vir my raad gee want ek is regtig nou raadop.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar bestaan geen twyfel dat jou dogter allergies is. Sy is miskien allergies vir die gras stuifmeel of iets anders in die lug in die Oudtshoorn omgewing.Sy het allergiese rinitis en oog allergie en ook asma. Dit is nodig dat sy deeglik getoets moet word om uit te vind waarvoor sy allergies is en ook op die regte behandeling begin moet word. Sy is tans nie op die regte medisyne nie. Dit sal miskien nodig wees om 'n pediater op George te raadpleeg indien daar nie een op Oudtshoorn is nie. Dr JH Smit is 'n pediater met ondervinding in die diagnose en behandeling van kinders met allergiese siektes.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.