Childhood Diseases

Question
Posted by: Annie | 2012/04/23

Q.

teething

My dogtertjie is 21 maande oud en het reeds 12 tande. 4 synytande bo, 4 snytande onder en dan ook bo en onder haar eerste kieste.
Wanneer behoort sy oogtande en nog kiestande te sny?

Haar eerste 4 tande het gepaard gegaan met baie hoë  koors, maar die ander 8 was makliker.

Donderdag het my man gesê  hy dink sy sny weer tande omdat sy baie kwyl en weer alles in haar mond druk. Vrydag het ons opgelet haar neusie loop erg en van Saterdag af het sy koors. Dit breek met 5 ml ponstan maar die koors kom weer terug na so tussen 8 en 12 uur.

Hoe weet ek of dit net tande is en of sy iets meer makeer?

Gelukkig sien sy vanmiddag die ONK spesialis vir n opvolgondersoek. Ek hoop hy sal kan sien as sy siek is.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou dogtertjie se koors is nie as gevolg van haar tandekry nie. Die klink wel dat sy besig is om haar kiestande te kry, maar dit is nie die oorsaak van haar hoe koors nie. Sy het miskien 'n oorontsteking of ander infeksie wat hierdie koors veroorsaak.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.