Childhood Diseases

Question
Posted by: Desirè  | 2012/07/10

Q.

tantrums

Liewe Dokter
My amper 2 jarige dogtertjie het die vreeslikse tantrums, sy stamp haar voetjies, en huil so erg dat sy begin opgee, sy doen dit veral in n winkel,wanneer sy nie haar sin kry nie,ek weet nie hoe om dit te hanteer nie! en sy het al n paar ligte houe op die doek gekry. sy speel ook taamlik ''rof'' met ander maatjies, wil hulle die hele tyd vasdruk en vashou, of stamp hulle weg!
Help asseblief!!!
Baie dankie vir u tyd

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie is tipiese 'temper tantrums' wat baie dikwels voorkom onder kinders van hierdie ouderdom. Dit is belangrik om net een keer vir jou dogterjie te se dat sy dadelik moet ophou om te huil en haar voete te stamp. Dit is moeilik wanneer kinders met hierdie soort tantrums begin wanneer hulle in 'n winkel is. Dit is nodig om haar dadelik huistoe te neem. Wanneer sy met 'n tantrum by die huis begin moet sy dadelik na haar kamer toe gaan en sluit dan die deur. Sy moet in haar kamer bly tot dat sy weer heeltemal stil is. Na 'n paar keer sal sy ophou met haar tantrums.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Lu | 2012/07/11

Tinan,

In plaas van haar se wat om aan te trek in die oggend, gee vir haar 2 opsies waarmee jy ook tevrede sal wees. As sy gister se klere wil aantrek soek die een uit wat die skoonste lyk en match dit op met iets as een van die opsies. Sodra sy (haar sin kry, waarmee jy ook tervrede is) sal sy ophou baklei daarmee en voel dat sy ook nou iets bereik het. Dis gewoonlik ''n stadium wat verby gaan, maar ek weet self dat die stadiums kan oneindig voel en jou moedeloos maak. Punt is, probeer haar eerder OPSIES gee in plaas van dwing in 1 spesifieke rigting!

Sterkte

Reply to Lu
Posted by: tinan@komatsu.co.za | 2012/07/11

My dogtertjie is 3 en ''n half jaar oud elke more sukkel ons om haar aan te trek sy wil elke dag dieselfde klere as giaster aantrek en kan nie haar mind opmaak nie. Sy kry pakslae by my en haar pa voordat sy skool toe gaan en is dik gehuil as ons haar aflaai. Sy skree vreeslik in die oggende en is lelik met almal al slaan jy help dit nie wat kan ons doen om dit te stop. Help asseblief ons is raadop

Reply to tinan@komatsu.co.za

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.