Childhood Diseases

Question
Posted by: Arlene | 2010/03/09

Q.

Tandjies?

Hi Dokter

My dogtertjie is nou 9 maande 1 week. Sy het nou al 6 tandjies in totaal (2 onder, 4 bo). Ek dink sy is besig om die onderste 2 " incisors"  te sny. My probleem is haar aptyt is baie sleg van die naweek af. Met die boonste 4 het sy wel goed ge-eet maar sommer vir niks haar kossies gebraak. Nou van die naweek af eet sy net ''n paar happies van haar maaltye. Verder drink sy normaal haar melkies en rooibostee en water uit ''n bekertjie. Sy eet ook haar " snacks"  soos normaalweg. Sy kwyl nogal erg en als wat sy in die handjies kry gaan mond toe en word gekou, veral merbaar aan die een kant.

Sy het nie koors nie en is ook nie knieserig of so nie. Sy slaap wel bietjie sleg in die aande, ons word so 3 keer wakker. :)

Kan haar swak aptyt toegeskryf wees aan die moontlikheid dat sy nou nog tandjies sny?

Ook, wanneer begin kindertjies deurslaap in die aand? Is daar fout met hulle as hulle nie deurslaap nie? Want as nog iemand vir my sê  " daar is iets fout met my kind want sy moes al laaaaankal deurslaap"  dan gaan ek dit verloor met daardie persoon! :)

Dankie Dok dat ek in jou ore kan kla en advies vra!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jy is baie welkom.Jou babatjie het al die tipiese simptome en tekens van tandekry.Sy is wel nou besig om nog tande te kry.
Dit is byna ontmontlik om jou tweede vraag te beantwoord aangesien een baba sal verskil van 'n ander baba wat hulle slaap patroon betref.Daar is beslis geen probleem met jou baba en die tyd sal wel aanbreek wanneer sy ook sal begin deurslaap.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.