Childhood Diseases

Question
Posted by: Arlene | 2010-02-15

Q.

Tandekry

Dokter

My 8 en ' n half maande oue dogtertjie sny nou erg tandjies, 3 boonstes tegelyk. Sy is nie juis moeilik of so nie, dit pla net bietjie en vir die gejeuk smeer ek maar bietjie teejel aan. Wat my pla is vir die laaste week en ' n half vandat ek agterkom sy sny tandjies is ek bekommerd oor haar eetgewoontes. Sy sal byvoorbeeld purity vrugte eet in die oggend en dan sal sy die helfte daarvan opbring. Of party dae sal sy glad niks opbring weer nie. Maar net dan die volgende dag eet sy haar ontbyt sonder probleme maar dan haar middagete vleis, stysel en groente fyngemaak en sal sy byvoorbeeld weer opbring. Sy het ook nie ' n vreeslike groot eetlus huidiglik nie. Verder is sy nie siek nie, het nie koors nie, sy is spelerig, lag en gesels en is steeds so besig en bedrywig soos altyd. Sy bring egter nie haar melk/rooibostee op nie, net die kossies en ook nie elke dag nie. Kan dit wees a.g.v die tandesny of is daar ' n ander probleem wat ek dalk kan miskyk?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Soos jy self hier opmerk is jou bab tans heeltemal gesond maar sy is besig om baie tande te kry. Sy drink goed maar sukkel effens met haar vaste kos weens haar tandekry.Hierdie is net 'n tydelike probleem en sy sal gou weer reg wees om alles te eet.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.