Childhood Diseases

Question
Posted by: ina | 2009/09/03

Q.

Tande / Toe neus - 2 vragies asb

Goeiedag Dokter,

My dogtertjie is 13maande en sny woes tande. Sy is baie traag om te eet, maar drink fluks aan haar melk. Ek smeer prodol aan die tande en as sy rerig knieserig raak gee ek panado. Haar doeke is soms effe loperig, maar sy is nie siek nie, geen koors ook nie.

Wat meer kan ek doen?

Dan: Sy het ' n humidifier in haar kamer, maar haar neusie is deesdae bietjie toe, sy nies en daar kom deurskynende mucus uit die neusie uit. Ek gee van geboorte af vir haar salex in haar neusie, maar deesdae weier sy volstrek en klap dit weg... ek wil nie haar dwing nie, sy lig die dak en dit voel ook nie vir my reg nie.

Wat kan ek doen?

Baie dankie!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou baba sukkel tans met haar tandekry.Sy word reg behandel maar miskien sal Pansoral Gel beter help vir pyn in plek van die Prodol.
Angesien sy nie wil toelaat dat jy Salex neusdruppels in haar neusie moet gebruik nie, sal dit nodig wees om 'n antihistamien stroop te gee. Probeer Allecet stroop 2.5ml snags.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.