Childhood Diseases

Question
Posted by: Adel | 2012/06/27

Q.

Tande

Hi Prof

Ek is despiraat op soek na hulp. My 16 maande oue dogtertjie kry verskriklik brand boudtjies en dis rooi op haar privaat wanneer sy tande sny. Dit lyk as of haar piepie haar brand al hoe wel ek haar doek omtrent elke half uur of korter verander. Die vorige keure het ons dit vinnig weg gekry met twee salfies wat die dokter gegee het en moes meng. Hierdie keer is ek raad op, ek het dit gebruik en alles wat moontlik op die mark beskikbaar is, weer dokter toe gevat, maar niks help nie. Help asseblief mens kan sien dit pla haar want sy probeer gedurig om te krap.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is seker nie jou dogtertjie se tandesny wat hierdie probleem veroorsaak. Wat meer waarskynlik is is dat sy 'n probleem het met kandida onsteking van haar 'nappy' area. Die beste sal wees om vir haar Nystatin oral Drops 1ml 4 maal per dag te gee en Nystatin room op die uitslag twee tot drie keer per dag aan te smeer.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.