Childhood Diseases

Question
Posted by: Jana | 2012/04/10

Q.

Tande

More Prof, ons 10 maande oue dogtertjie se 2de stel tandjies het nog nie uitgekom nie! Sy het op 7 maande haar 1ste 2 onder tandjies gekry, die boonste gums is al vir die laaste 2 maande vreeslik geswel en rooi maar niks kom uit nie! Sy het nou van verlede week af n tipe van uitslag om haar mondjie en ook onder haar ogies en oor haar neus. Dit is nie byt merkies of n voedsel allergie nie en die ogies het nie infeksie in nie. Sy vryf dit net vreeslik en dan lyk dit verskirklik. Ek het begin om Allergex vir haar net in die aand te gee en dit lyk of dit bietjie help met die uitslag en die jeuk. Het ook n roompie gekry om aan die uitslag te smeer maar dit help nie eintlik nie. Kan dit deel wees van die tande kry proses? Sy loop omtrent heeldag met die dummy in die mond maar is andersins glad nie knieserig nie, eet en drink goed en slaap ook baie goed.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Baie dankie.Dit lyk asof jou baba dogtertjie 'n allergiese uitslag het. Dit is moeilik om vas te stel wat hierdie uitslag veroorsaak het.Dit is miskien as gevolg van 'n middel of 'n kontak allergie agv latex of plastiek in haar dummy.Hierdie uitslag is nie as gevolg van haar tandekry nie.Die beste sal wees om haar pediater te vra om haar te ondersoek.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.