Childhood Diseases

Question
Posted by: Lu | 2011/06/09

Q.

Swineflu

Hi Doc

My man was dinsdag gediagnoseer met die H1N1 virus, hy was dokter toe na erge rug pyn en ''n vreeslike seer keel en koors van 40grade (koue koors ook), hy is op die tamiflu behandeling ens.

Hy het ''n jaar gelede erge Egte Masels gehad wat hom vir 3weke in die bed gehad het, van daar af was hy nog net onophoudelik siek, moet ek baie behommerd wees oor hoe dinge dalk vir hom kan uitdraai met die griep wat hy nou het?

Wat ek ook wil weet is:
Hoe bekommerd moet ek wees vir my 2 kinders, hulle albei was die naweek voor my man siek geword het ook siek, my seuntjie 12.5kg en 1 jaar oud het ''n erge toe/loop neus gehad, ek het hom met verkoue medisyne behandel en hy is nou piekfyn en my meisiekind 15kg en 3jaar het die naweek saterdag en sondag ''n koors van 38grade gehad en toe weer woensdag aand koors gehad en ''n loop neus, ek behandel haar ook nou met net verkoue medisyne en koors stropie. Hulle was albei dinsdag middag by die pediater en hy is tevrede met my seuntjie en het net gese dat my meisiekind ''n verkoue het. Hy het wel genoem dat ek hulle moet terug bring as hulle ''n koue koor ontwikkel.

Byvoorbaat dankie!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat albei jou kinders 'n ligte graad van dieselfde H1N1 griep as jou man gehad het.Gelukkig het hulle albei goed reaggeer vir die behandeling wat jy gebruik het.
Ek is ook bekommerd oor jou man se swak gesondheid.Dit is moontlik as gevolg van die masels ontsteking wat hy verlede jaar gehad het. Masels kan die imuunstelsel erg knou. Dit is belangrik dat sy dokter 'n volbloedtelling toets doen veral om vas te stel dat sy witsel tellings normaal is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
user comments

C.

Posted by: Zee01 | 2011/06/10

Dankie vir die antwoord! Het nie eers geweet Corenza het n stropie vir kinders ni...

Reply to Zee01
Posted by: Lu | 2011/06/10

Zee01, Ek het die Corenza stropie vir kinders gebruik, voor dit het ek altyd Coryx gebruik maar ek het gevind dat die Corenza stropie nogals goed werk. En natuurlik Ponstan vir koors en pyn.

Dankie
Lu

Reply to Lu
Posted by: Zee01 | 2011/06/10

Skies, ek interfeer nou , maar Lu, kan ek vra watse verkoue stropie jy gebruik vir jou kinders?
My kiddies is dieselfde ouderdom as joune....
Soek altyd iets wat sal werk....

Dankie!!

Hoop jou man en kinders is sommer vinnig weer 100%!

Reply to Zee01

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.