Childhood Diseases

Question
Posted by: Suur? | 2010/11/28

Q.

Suuruitslag

Bestaan daar iets soos suuruitslag? My 3 maande oue kleinkind het ''n uitslag van knoppies (eintlik nie ooglopend sigbaar nie) op haar gesiggie en skouers. Die knoppies is nie rooi, maar aaneenlopend (amper soos ''n kors) en dit laat haar velletjie skurf voel. My ma het altyd gesê  dit is suuruitslag. Wat kan daaraan gedoen word? Of het sy dalk ''n veltoestand soos ekseem of psoriase of miskien ''n melk alergie?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is altyd moeilik om seker te wees oor die diagnose van 'n baba se veluitslag omdat ek nie jou baba kleinkind kan sien nie. Daar bestaan nie eintlik 'n suuruitslag nie.Aangesien hierdie uitslag op haar gesig en haar skouers is vermoed ek dat dit as gevolg van 'n uitslag met die naam 'seboree-dermatitis' is.Indien die uitslag nie erg is nie is speifieke behandeling gewoonlik nie nodig nie en die uitslag sal verdwyn wanneer sy omtrent 6 mande oud is. Probeer net 'n goeie gehalte baba Aqueous rooom veral na sy gebad is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: R | 2010/11/29

Die dr sal ook antwoord, maar ek wou se my dogtertjie het ook so uitslag gehad, en die kliniek het Epimax aanbeveel wat baie goed gewerk het. Mens koop Epimax room by enige apteek en dis baie goedkoop.

Reply to R

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.