Childhood Diseases

Question
Posted by: lee | 2010/11/26

Q.

Sukkel met slaap

Goeiedag Dokter,

My dogter is nou 2 1/2, en was tot so paar weke gelede ''n engeltjie. Sy het altyd so 18.30 - 19.00 gaan slaap met geen probleme nie. Ons lees storie en dan le ek so bietjie by haar en dan slaap sy.

Deesdae weier sy om te gaan slaap. Sy klim wel in die bed maar staan kort-kort op en as ek haar weer neerle, dan skree sy bloumoord totdat ek by haar le. Ek durf nie dan weer opstaan nie anders lig sy die dak. Dit gaan party aande so aan tot 21.00... Ek kan nie heeltyd by haar le nie, ek moet my seuntjie (6) ook in die bed kry en ook storie vir hom lees en aangaan met my dinge. My man werk oorsee en het sondag weer gevlieg. Ek vermoed dit het iets daarmee te doen, maar sy het al hiermee begin nog voor hy weg is. Sy eet en drink goed, daar is geen ander probleme nie. By die skool sukkel sy blykbaar ook om aan die slaap te raak en is moeilik deesdae (terrible two''s?).

Enige raad asseblief, ek is raadop :-)

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou dogtertjie se slaap probleme is nie as gevolg van die 'terrible two's' nie maar wel as gevolg van die feit dat haar pa weer oorsee is. Voor die tyd het sy miskien die gevoel gekry day hy weer op pad is. Die oplossing is nie maklik nie en miskien is dit vir 'n tyd nodig day jy aanhou om vir 'n kort tyd langs haar moet le tot sy aan die slaap raak.Dit sal ook help om in die vroeg aand haar pa te Skype dat sy vir hom kan sien en saam gesels.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.