Childhood Diseases

Question
Posted by: pixie | 2008/12/08

Q.

Stress?

Goeiedag Dokter,

Eerstens - Geseende Kersfees en voorspoed vir 2009, baie dankie vir al die raad en advies wat u so mildelik gee.

My seuntjie is nou 4, hy is 99.99cm en weeg 13kg. Hy het in die verlede gesukkel met sy yster en neem tans 3 x per week 1 tablet ferrimed asook vit. c. Hy kry ook biostrath, viral guard en turbo kids. Hy kry ook 5ml deselex elke aand en sterimar en inflanaze vir sy post nasale drip. Sy mangels en adenoids is reeds op 17 maande verwyder en hy het al 3 x pypies in die ore gekry.
My man werk al vir die afgelope jaar in frankryk, hy werk so maand daar en is dan vir so 3 weke tuis. My seuntjie aanbid sy pa en ek weet dit is vir hom moeilik.
My seuntjie was nog nooit ' n groot etertjie nie, maar die afgelope 2 weke gaan dit beroerd... volgens sy juffrou gaan dit ook sukkel sukkel by die skool, maar tog eet hy sy kos daar op. Saans is dit ' n REUSE stryd... en vanaand het hy selfs opgegooi. Hy het nie koors nie, sy stoelgang is normaal maar hy is " af"  deesdae... ons was 2 weke gelede by die pediater en sy het gese sy yster (volgens sy kleur) lyk reg en sy urine is ook reg. Maar hy is bruin gebrand van buitekant speel, so sal mens seker nie kan sien as hy erg bleek raak nie.
Vanaand het hy wel vir my bleek voorgekom, maar hy lag, speel en maak grappies al is hy moeg ook. Ek vra hom of iets hom pla, hartseer maak, eina maak - dan se hy nee niks nie...

Ek is raadop!! Kan dit van verlange na pappa wees? Dit is die 1e maal hierdie jaar dat hy so reageer as pa weg is... dit is asof hy ' n tikkie lewenslus en sprankel verloor het.
My man kom wel volgende week terug vir 3 weke en gaan dan weer vir 3 weke in januarie. Ons gaan almal as gesin vanaf maart tot september frankryk toe.

Ek is bang dat ek net aanneem dit is van verlange oor pappa en dan is daar dalk iets ernstigs soos kanker fout!!

Wat stel u voor?

Baie dankie :-) :-) :-)

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Ek vermoed dat jou seun se gedrag as gevolg van verlange aan sy pa is. Alles behoort te verbeter wanneer die hele gesin weer saam op een plek is.Maar ek is baie bekommerd oor jou seun se gewig wat ver onder die gemiddeld is. Ook die feit dat hy geen eetlus het nie en boonop dat hy 'n yster tekort het. Hierdie simptome kan as gevolg van 'n toestand met die naam seliaksiekte wees. Reel asb weer 'n afspraak met sy pediater en vra direk of jou seun miskien seliaksiekte het.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.