Childhood Diseases

Question
Posted by: Sonja | 2010/02/10

Q.

Strattera

My dogtertjie is 10jr oud en maak al bed nat vir 7jr. Haar pediater het Ritalin 10mg 2 keer per dag en Strattera 40mg soggens voorgeskryf. Kan dit enigsens help met die bednatmaak? Sy is aandagafleibaar en Ritalin het haar skoolwerk baie verbeter, sy konsentreer beter. Die Strattera maak haar baie rustig, kan dit haar benadeel?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Strattera word gebruik vir behandeling van ADD. Jou dogter gebruik klaar die Ritalin vir ADD en vorder baie goed op hierdie behandeling. Ek kan geen rede sien om Strattera en Ritalin saam te gebruik nie. Boonop veroorsaak die Strattera ongewensde newe effekte.Hierdie medisyne word nie vir enurese gebruik nie.Daar is ander medisyne wat spesifiek voorgeskryf word vir die behandeling van enurese.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Sonja | 2010/02/11

Kan u enigsens iets aanbeveel dokter? My dogtertjie kan nie Tofranil gebruik nie, aangesien sy hartkloppings kry daarvan. Syhet al DDAVP ook gebruik sonder enige sukses. Ek is regtig baie onrustig oor die Strattera wat sy gebruik. Kan dokter my help asb? Ons woon in ' n plattelandse dorpie waar die naaste spesialis 150km van ons af woon, ek besef u kan nie diagnoses maak per email nie, maar is dit dan beter om die Strattera te stop? Sy kla van hoofpyn, en haar neusie loop konstant. SY was al by ' n uroloog, sielkundige, homeopaat, ons het regtig al enige iets probeer om te help met die bednatmaak. Dankie, ek wag vir u terugvoering.

Reply to Sonja

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.