Childhood Diseases

Question
Posted by: Riana | 2009-11-11

Q.

Staphylococcal Scalded skin syndrome

My 4-jarige seuntjie was in September gediagnoseer met Staphylococcal Scalded Skin Syndrome. Hy was in ICU opgeneem en het ' n totaal van 25% van sy vel verloor. Na dit het hy herhaalde mangelontsteking gekry, waar die mangels verwyder is, omdat elke mangelontsteking weer die vel begin aantas het. Alles is nou verby, die vel het 100% genees en hy is weer net so gesond soos altyd. Wat my net pla, is dat die vel in sy gesig baie wisselvallig bly (dit is waar die hele SSSS begin het en hy het tydens die siekte geen bo-vel op sy gesiggie oorgehad nie). Hy kry nou deesdae sulke fyn wit knoppies, op die gesig en nek en ook rooi kringe om sy ogies. Ander kere maak die vel weer sulke rooi vlekke wat weer weggaan na ' n paar ure. Het SSSS ' n invloed op die vel agterna en moet ons daarna laat kyk, of sal dit mettertyd regkom?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Hierdie vel uitslag kom voor gewoonlik net in kinders jonger as 5 jaar. Met tyd sal jou seun 'n weerstand opbou teen die staph bakteriee wat hierdie siekte veroorsaak het. Intussn is dit belangrik dat hy gereeld sy hands was met 'n antibakteriese seep en ook 'n salf soos Epimax op sy gesig gebruik.Lees meer op:www.dermnz.org/bacterial/scalded-skin-syndrome.html

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: JOLANDA | 2010-03-05

MY 4 JARIGE DOGTERTJIE SUUKEL VERSKRIKLIK MET MANGELONTSTEKING.SY EET EN DRINK NOU AL 2 DAE LANK NIKS WAS BY DR GISTER HY HET HAAR ONDERSOEK EN SY DIAGNOSE IS WEEREENS MANGELONSTEKING.KAN DIT DIE REDE WEES DAT SY NIE WIL EET OF DRINK NIE.ASSEBLIEF EK IS RAADOP EK WEET NIE MEER WAT OM TE DOEN NIE.

Reply to JOLANDA

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.