Childhood Diseases

Question
Posted by: Wian | 2008/08/18

Q.

Spina bifida okulta

Wian ons seuntjie van 2 jaar is verlede week gediagnoseer met Spina bifida okulta op sy L4.
Ons het dit opgetel nadat hy soms in die aand gekla het oor sy lae rug.
Ons was by ons GP en ' n Biogenetikus gewees, sy het ons van ' n oefen program voorsien, maar met so ' n klein seuntjie is die oefen amper ontmoontlik.
Die oepening lyk op die plaate soos ' n klein kraakie, ons is baie bekommerd, gaan dit beteken Wian sal nooit aan -|- ak sport kan delneem nie?
Ons sal ook ons Pediater gaan sien
Ons sal enige terugvoer waardeer
Bekommerde ouers

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Spina bifida occulta kom redelik dikwels voor en daar word geskat dat omtrent 20% van die bevolking een of ander vorm van hierdie aangebore malformasie van die lae werwels het.In byna al hierdie gevalle is daar geen tekens of simptome nie en hierdie persone is in die meeste gevalle nie eers bewus van enige rug probleem en kan 'n normale lewe lei. In 'n baie klein persentasie [2%] en veral wanneer die spina bifida occulta op S1 is is daar sekere simptome.Dit is belangrik om in die eerste instansie jou seuntjie se pediater te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.