Childhood Diseases

Question
Posted by: Anke | 2012-07-18

Q.

Spina Bifida

Is spina bifida dieselfde ding as down sindroom of nie noodwendig nie. Wanneer besluit ''n dokter om verdere toetse te laat doen, as die bloedtoets 1 uit hoeveel wys?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Spina bifida en Downs is glad nie dieselfde probleem nie, maar in albei kan die MFASP toets positief wees.Dit is nodig om verdere sonars te doen om die diagnose van beide van hierdie toestande te diagnoseer en 'n amniocentesis spesifiek vir Down's indien die ginekoloog vermoed dat dit die diagnose is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Racoon | 2012-07-19

Spina bifida is meestal agv ''n tekort aan foliensuur (folic acid) in die swanger vrou se dieet, waar Down sindroom ''n genetiese afwyking is. So dis twee heel verskillende goed. Die dokter kyk wat die gemiddelde waarskynlikheid vir die toestand in die algemene gemeenskap is, en as die spesifieke moeder se telling laer is, maw ''n hoeer waarskynlikheid, sal hulle verdere toetse aanvra. Die belangrikste is eintlik om op ongeveer 14 weke die nekvoutjie te laat meet, saammet die bloedtoetse, omdat dit die mees akkurate waarskynlikheid vir moontlike afwykings gee. Hou net egter STERK in gedagte dat hierdie slegs waarskynlikhede is! dis nie noodwendig dat die babatjie die spesifieke toestand sal he as die waarskynlikheid hoog is nie. Slegs met ''n amniosintese kan ''n ja of nee antwoord gekry word op genetiese afwykings. Vir spina bifida is ''n detail sonar nodig, as ek reg onthou. Sterkte daar.

Reply to Racoon
Posted by: Annie | 2012-07-18

Ek dink spina bifida is waar die rugstring nie reg ontwikkel nie of nie toegegroei is nie of so iets.
Dis nie dieselfde as downs nie.

Reply to Annie

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.