Childhood Diseases

Question
Posted by: Anon | 2010/12/13

Q.

Sonsteek

Middag Dr
Ek vermoed my meisiekind 34mnde het sonsteek opgedoen. Hulle het saterdag ''n pretdag by die skool gehad en was vanaf 9uur tot 16h00 buite blootgestel aan die son, ek het haar natuurlik probeer soveel moontlik in die koelte hou maar dit is natuurlik nie altyd moontlik nie. Sy was gesmeer en het nie seer of rooi gebrand nie maar sy het tog ''n ligte " tan"  gehad. Sy het baie rondgehardloop en gespeel en het glad nie belanggestel aan kos nie, laat middag het sy wel ''n ligte aandete ingekry. Sy het saterdag aand natuurlik vroeg (7uur) in die bed geklim en goed geslaap tot net na 11uur die aand toe ek agterkom dat sy ''n ligte koors het van so amper 37.5, ek het vir haar 5ml ponstan gegee. Sondag oggend het sy ''n koue-koors gehad (was so 30grade buite gewees), die res van die dag het sy sleg gevoel en aan gen af na die ponstan uitgewerk het was haar temperatuur tussen 37.5 en 37.8. Voor sy sondag aand gaan slaap het het ek weer vir haar 10ml ponstan gegee, sy was klaerig deur die nag en warm. Sy het ook gekla van maagpyn en so nou en dan ''n hoesbui gehad wat lyk of dit seermaak as sy hoes. Maandag oggend het sy wakker geword me ''n koors van 39.1 (onder die arm gemeet). Sy het dadelik gevra vir baie water en tot nou toe het sy darem nog nie weer koors gehad nie. Haar lyfie was vanoggend bloed rooi en vuurwarm. Kan dit sonsteek wees of vermoed dr dalk ''n ander kwaal?
JAMMER VIR DIE BAIE LANG VERDUIDELIKING.
Dankie.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Daar is eintlik geen tekens dat jou meisietjie sonsteek opgedoen het. Sy het glad nie rooigebrand nie. Sy het nou 'n baie hoe koors en ek vermoed daar 'n ander rede is vir hierdie hoe koors,veral miskien 'n blaasontsteking. Dit is nou nodig dat sy deur haar dokter ondersoek moet word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.