Childhood Diseases

Question
Posted by: Estelle | 2009/09/22

Q.

soek raad

My seuntjie,nou 3 jaar oud was die 14de september vir ' n lapraskopiese reflax operasie (lap nissen).die pleisters het gister afgekom en alles lyk baie mooi.wat ek wel wil vra..kan hy volgende week,sal dan 14 dae na operasie wees,terug gaan kleuterskool toe?Alhoewel die oplosbare steke dit binne 7-10 dae oplos,kan daai steke,binne in wat hulle om die maag gewerk het losgaan as hy fietsie ry en klim en klouter?En,hoe lank hou so weg binding? sal dit met tyd weer groter word (die holte tussen die slukderm en die maag,wat hulle kleiner gewerk het)?

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou seuntjie het gelukkig goed gevorder na sy Nissen operasie tot dusver.Dit is nog nie eers 10 dae na sy operasie. Wag tot 14 dae voordat hy weer skool toe gaan. Na 3 weke kan hy weer fiets ry. Die oplosbare steke sal teen daardie tyd heeltemal oplos.Na sy operasie is die holte tussen sy slukderm en sy magie die normale grote en sal van nou af normaal saam met hom groei.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Anonymous | 2014/05/27

Onoplosbare steke wat septies raak

Reply to Anonymous

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.