Childhood Diseases

Question
Posted by: AG | 2012/11/05

Q.

Slymerige hoes van 17 maande oud dogtertjie

Goeie more Prof, ek hoop u kan ons help asb. Ons dogtertjie van 17 maande het vir die laaste 6 weke n chroniese hoes. Ons het haar by die Pediater gehad, sy het n tipe infeksie gehad in haar longe en haar keel was bietjie rooi, 1 oortjie het ook klein bietjie vog gehad maar niks ernstig. Sy het Orolox gekry om vir 10 dae te drink (10ml soggens en saans) + Allecet (5ml) soggens en saans + ons het haar genebulize saans. Die Paed het die antibiotika gestop op 8 dae want hy was tevrede dat alles gesond is. Die hoes het hy gese is goed dat die slym los is en moet uitkom so ons moenie daaroor stres nie. Ons het aangehou om haar nog te nebulize in aande. Hy het voorgestel dat ons Telfast kan gee vir die neusie wat loop. Prof dis nou amper 6 weke wat sy so hoes en dit klaar nie op nie. Die neusie loop ook vreeslik van die naweek af (ons suig dit soggens en saans met babyvac). Nie die Telfast of Allecet lyk of dit enigsins help nie. Sy eet ook bitter sleg van Donderdag af. Eet pap soggens, niks vir middag ete, saans weer pap en yogart, dalk n halwe kasie, dis al wat ek inkry vir haar. Ek weet die suiwel is nie goed vir die slym nie maar sy moet iets eet! Sy het 1 baie los doek op n dag vanaf Donderdag ook. Drink haar melk en tee baie goed. Enige raad asb!!

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is moeilik om seker te wees,maar ek vermoed dat jou dogtertjie aan kinkhoes ly. Dit is nie die gewone kinkhoes want sy is al klaar teen kinkhoes ingeent. Hierdie kinkhoes word 'parapertussis' genoem. Die hoes is veral erg in die eerste 6 weke en dan word dit effens beter maar kan tot 3 maande aanhou [die 100 dae hoes] Ongelukkig het sy ook baie erge newe effekte as gevolg van die antibiotika. Dit is nodig om vir haar 'n goeie probiotika te gee soos Probiflora vir kinders een elke dag vir 10 dae. Gebruik Sterimar neusspuit soggens en saans.Kinkhoes is baie moeilik om te behandel. Aterax stroop 2.5ml snags sal miskien effens help.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.