Childhood Diseases

Question
Posted by: Anoniem | 2009-10-06

Q.

Slym

My seuntjie is nou 1 jaar oud. Hy hoes die heeltyd agv slym waarvan hy nie kan ontslae raak nie. Ek het Flemeeze probeer en Mucospect maar dit maak die slym los wat hom nog erger laat hoes - ek wil hê  die slym moet los kom maar dit los nie die probleem in die nag op nie. Ek weet nie of dit ' n stupid vraag is nie maar is daar nie iets wat die slym na onder kan uitbring nie. Indien nie is daar dalk iets anders wat u kan aanbeveel. Ek gebruik Demazin, dit werk nog die beste maar dit droog nie die slym op nie. Dankie

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Mucospect is gewoonlik 'n baie goeie medisyne om slym los te maak. Indien dit nie help nie is daar gewoonlik 'n goeie rede soos miskien 'n probleem met die diagnose. Ek vermoed dat jou baba miskien 'n bors ontsteking wat deur die RSV virus veroorsaak word met die naam van brongiolitis het.'n Ander moontlikheid is miskien kinkhoes.Die beste sal wees om die pediater weer te raadpleeg.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.