Childhood Diseases

Question
Posted by: annie | 2009/07/13

Q.

sleep

Liewe Dr.

Ek kom vandag na u toe met ‘ n vraag wat ek seker is,4 uit 10 ouers al mee geworstel het. Slaap…  Ek soek raad daaroor vir my kind hy is nou 38maande oud. Ek sukkel van klein tyd met sy slaap gewoontes. Toe hy tussen 2-7maande oud was, was dit ‘ n stryd om hom aan die slaap te kry, hy het soms na 12 uitgeput van baklei aan die slaap geraak en dan deurgeslaap tot 8/10uur die volgende oggend. Nou deesdae gaan slaap hy tussen 10 en 11 (dit is so uitputtend!!) Ons het als probeer van sleep-training tot bed-routine ens. Maar niks werk nie. Hy het ‘ n chroniese toe-neusie en die medisyne waarmee ek hom behandel help soms dat hy vroeer uitpass. Ek het hom vroeer die jaar in die cresh gesit, maar kon die arme kind nie in die oggend uit die bed kry nie. My groot vraag is…  wat moet ek doen as hy eendag skool toe gaan en so moeg en grumpy is en nie kan konsentreer en swak vaar omdat hy sulke slegte slaap gewoontes het. Hy is nie hiperaktief nie en slaap ook nie meer in die middae nie. Ek het nou die dag op die internet gelees (‘ n baie lang debat oor die voordele en nadele van medisyne) Ek het gesien dat Melatonin ‘ n goeie slaap-hormoon is, en help om die balans te herstel? Dink u dit is wat fout is met my kind? Wat staan my te doen…  baie ouers sê  jy drug jou kind en die onderwerp is so taboe… maar so baie sê  maklik gee vir hom bietjie stopayne dat hy vroeer kan gaan slaap (dit walg my) ek is nie daardie tipe ouer nie. Ek sien om na my kind se belange en dink verder die toekoms in.

Dankie vir u tyd

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Moet asb nie Stopayne vir jou seuntjie gee nie. Jou seuntjie se slaap probleem kom voor as gevolg van sy toe neus. Die oorsaak van sy toe neus moet gevind word. Dit is miskien as gevolg van allergiese rinitis. In elk geval moet hy deur 'n pediatriese allegis ondersoek word. Daar is allergiste in al die groot stede in SA.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
user comments

C.

Posted by: Amanda | 2009/08/11

Ek het ' n 10mnd oue baba en ek is 21weke swanger weer.MY 10mnd oue baba slp nie deur nie help asb met raad

Reply to Amanda
Posted by: Amanda | 2009/08/11

Ek het ' n 10mnd oue baba en ek is 21weke swanger weer.MY 10mnd oue baba slp nie deur nie help asb met raad

Reply to Amanda
Posted by: MOM | 2009/07/14

HI,

MY SEUNTJIE IS NOU SO 18 MAANDE OUD EN SUKKEL MET DIE SELFDE PROBLEME, AS DIT JUL SAL HELP HIER IS ' N PAAR GOEDJIES WAT VIR MY HELP: MOENIE STOPAYNE GEE NIE, PROBEER NATURA' S RESCUE ' N PAAR DRUPPELS VOOR SLAAP TYD, ' N NEUS SPROEI VIR AS SY NEUSIE TOE IS, LE BY HOM OM HOM TE HELP OM AAN DIE SLAAP TE RAAK, SING MISKIEN ' N LIETJIE EN SIT DIE KAMER SE LIG AF, EK HET MYNE VROEER DIE JAAR IN ' N ' LEER SPEEL SKOOLKIE'  GESIT, OMDAT HY SO BESIG IS, HY GENIET DIT GATE UIT, AS EK HOM 12 UUR GAAN HAAL IS HY SO UITGEPUT DAT HY MAAR NET MOET SLAAP, AS HY NIE SLAAP NIE DAN IS DAAR PROBLEME DIE AAND MAAR AS HY WEL SLAAP, WORD HY MAKLIKER IN DIE AAND AAN DIE SLAAP, EK HET BESEF DIS BELANGRIK DAT HUL IN DIE MIDDAE MOET SLAAP, AS HY NIE DAN GEE EK HOM VROEG KOS EN ' N BOTTEL EN GAAN LE BY HOM OF MAAK VIR HOM ' N BED IN DIE SITKAMER TERWYL EK TV KYK, HY GAAN LE EEN OF ANDER TYD  WEES GEDULDIG HUL VOEL JOU ONGEDULDIGHEID AAN  O, EN MOENIE HOM PLAT LAAT LE NIE LIG SY BED OF KOT OF LAAT SLAAP HOM OP ' N DUKKER KUSSING, NIE SO DAT SY KEN TEEN SY BORS DRUK NIE MAAR EWEREDIG (VIR DIE TOE NEUS), EK SUKKEL MAAR PARTYKEER NOG, DEEL BIETJIE JULLE WENKE!

Reply to MOM
Posted by: flower | 2009/07/14

hi there

i thought i would reply to you. I have a 10 month old baby that has no problem falling asleep but cannot stay asleep. I asked here on forum but no one seemed keen on minatonin, however i went to my paed and he said i should definately use it. I got it at the pharmacy in the herbal department and now my son sleeps from 7 at night till 7 in the morning.

The box is scary as it says do not give to under 16 year old, but my paed assured me that it is ok for me to use it and it has helped alot.

no one realizes how bad lack of sleep can be, i say give it a shot, you have nothing to loose.

PS - the minatonin only started to work properly from day 7. so just keep trying until then.

Reply to flower

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.