Childhood Diseases

Question
Posted by: christa | 2008/10/31

Q.

SLAAP PROBLEEM

Goeiedag

My dogtertjie is nou 17 maande oud, sy is n slegte slaper van geboorte, maar soos sy ouer word, word dit net erger. Sy raak elke uur wakker. Dan wil sy tee he, as jy dit nie gee nie, skree sy die dak af. Sy drink op n aand 5 bottles tee uit. Al gee jy water sy drink dit ook. Sy eet goed, is op vitamines, en slaap 1 to 1 en half per dag. Sy gaan slaap in die aand 7.00 met n gestoei en is weer 5 uur op in die oggend. Sy is ook baie aktief in die dag. Sy is nie siek nie maar sny kiestande. Help asb. Ek en my man kry baie min slaap.Sy put ons behoorlik uit.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Dit is nou tyd dat jou dogterjie 'n baie goeie kans moet kry om die dak af te skree.Nadat sy een keer in die aand 'n bottel melk,nie tee nie[tee=kaffien!] gedrink het moet julle die 'controlled crying' metode gebruik. Dit is nie maklik om hierdie metode te volg nie, maar is die enigste oplossing vir hierdie probleem.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.