Childhood Diseases

Question
Posted by: Maureen | 2011-03-15

Q.

Slaap Posisie vir 7mnd baba

Goeie dag Doktor,

Ek wil graag navraag doen oor my 7maande en 3 weke baba dogtertjie se slaap posisie. Sy het tot so 3 weke gelede met die posisie wiggies geslaap maar het begin om oor hulle te rol. Nou sien ek egter deur die nag sy is baie lief daarvoor om op haar maag te slaap, het sy nog ''n kans vir wiegiedood? sy kruip al en kan self regop sit, so ek weet nie of sy indien sy nie kan asem kry nie haarself kan help regop kom nie. sy lei aan allergie so haar neus is gereeld toe en haal deur haar mond asem.
Baie dankie vir u tyd.

Expert's Reply

A.

Paediatrician

Jou dogtertjie is nou ouer as 6 maande en is verby die ouderdom wanneer wiggiedood 'n ernstige probleem is. Sy vorder ook baie goed en het al geleer om oor te rol en om te kruip. Sy kan aanhou om op haar maag te slaap. Dit is belangrik om haar neusie mooi oop te hou deur om Salex of ander soutwater druppels gereeld te gebruik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.